VOORKOMENDE MAATREËLS TER ONDERSTEUNING VAN BIOSEKURITEIT
admin
September 4, 2024

VOORKOMENDE MAATREËLS TER ONDERSTEUNING VAN BIOSEKURITEIT
Voorkomende maatreëls word vereis om die kudde teen siektes te beskerm wat weens eksterne kontak opgedoen word. Die volgende kategorieë is van belang:
- DIREKTE VEE-AANKOPE (en eie vee wat terugkeer)
Die volgende behoort geverifieer te word voordat nuwe diere in die kudde ingebring word:
- Hoe lank die diere by die vorige aankooppunt of plek gebly het.
- Of daar enige onlangse siekte-uitbrekings in die gebied was.
- Of eienaarskap duidelik deur brandmerke bevestig word.
- Of ‘n inentingsprogram gevolg is (dokumentêre of veterinêre bewys).
- Wat is die algemene plaaslike eksterne parasiete en die beheerprogram wat op ‘n roetine-basis gevolg word.
- Is ‘n veeartsondersteunende beheerprogram teen oordraagbare siektes gevolg.
- Datums en voldoende aantal toetse vir reproduktiewe siektes op beide manlike en vroulike diere.
- Datums en toetse vir soönotiese siektes.
Bogenoemde moet ook met die aankoper se eie veearts geverifieer word.
- AANKOPE VAN VERKOPERS OF SPEKULANTE
- Koop net in gebiede wat nie naby geskeduleerde gebiede is nie.
- Doen ‘n visuele inspeksie van die diere voor aankope vir:
* brandmerke
* parasietbesmettings
- VERVOER NA DIE PLAAS
- Gebruik net erkende vervoermaatskappye.
- Sorg dat die trok skoongemaak en ontsmet is.
- Maak seker die trok volg die kortste ononderbroke roete.
- Die trok moet die kortste roete na die hanteerfasiliteite volg.
- Moenie toelaat dat die trokpersoneel in aanraking kom met die plaaskudde nie.
- AANKOMS OP DIE PLAAS
- Wanneer die vee afgelaai word moet stres tot die minimum beperk word en vee moet visueel geëvalueer word vir onnatuurlike kondisies.
- Isoleer die diere van die plaaskudde en gedeelde fasiliteite vir ten minste 28 dae (kwarantyn).
- Toets weer vir siektes waaroor daar kommer is indien nodig voordat die nuwe diere met die res van die kudde meng.
- Prosesseer nuwe aankomelinge binne 24 uur na aankoms (unieke ID skyfie, brandmerk, dip, doseer, inent).
- Doen gereelde inspeksies.
- VOERAANKOPE
- Maak seker dat hooibale nie aangekoop word van gebiede wat aangrensend tot geskeduleerde gebiede is nie.
- Koop net van erkende handelaars.
- Moenie voer koop wat in tweedehandse sakke verpak is nie.
- Maak seker voertrokke is skoongemaak en ontsmet, veral as dit ook gebruik word om diere na die abattoirs te vervoer.
- BESOEKERS
- Moenie vreemdelinge of hul voertuie naby die vee toelaat nie.
- Maak seker heinings word goed onderhou. Dit moet jakkalse en vlakvarke verkieslik uithou.
- WERKNEMERS
- Werknemers moenie toegelaat word om in die voerstore te eet nie.
- Voorsien werknemers van voldoende ablusiefasiliteite.
- Reël dat werknemers gereelde middels teen lintwurms ontvang en mediese roetine-ondersoeke ondergaan.
- Hou rekord van alle vee op die eiendom wat aan werknemers behoort.
- Behandel werknemers se vee met aparte, maar toegewyde gesondheidsprogramme.
- Maak seker werknemers verstaan waarom biosekuriteitsmaatreëls ingestel word sodat hulle sal help om daaraan te voldoen.