Die RPO NK (Provinsiale vlak) en RPO (Nasionele vlak) word gefinansier deur vrywillige bydraes.
Die RPO fokus op belangrike bedryfstake soos:
Die RPO het direkte skakeling, verteenwoordiging en inspraak in onder meer die volgende instansies om die belange van rooivleisprodusente te beskerm en te bevorder:
Die RPO verteenwoordig rooivleisprodusente se belange in die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) wat alle instansies verteenwoordig wat betrokke is by die volle waardeketting van die rooivleisbedryf.
Die RMIF is saamgestel uit:
Die RPO vorm saam met NERPO die Federasie van Rooivleisprodusente van Suid-Afrika wat kollektiewe belange van primêre kommersiële en opkomende rooivleisprodusente hanteer.
Krities belangrike funksies vir die oorlewing en welvaart van primêre rooivleisprodusente en die rooivleisbedryf in geheel word befonds uit twee afsonderlike finansieringsbronne: die verpligte statutêre heffing en die vrywillige produsentebydrae.
Die statutêre heffing is ingestel binne die raamwerk van die Nasionale Landboubemarkingswet en word uitsluitlik aangewend vir die volgende funksies inbelang van die rooivleisbedryf:
Ingevolge die bepalings van die Nasionale Bemarkingswet mag ‘n organisasie soos die RPO geen organisatoriese funksies uit die statutêre heffing befonds nie. Die primêre produsent lewer die grootste bydrae tot die statutêre heffing en indien die produsent die RPO nie finansieel bemagtig in sy moniteringstaak nie, sal die betalende produsent sy seggenskap oor die omvang en aanwending van hierdie statutêre fondse verloor. Dit is uiters noodsaaklik dat die RPO namens die produsent sterk inspraak sal hê in die Rooivleisbedryfsforum om toe te sien dat statutêre fondse korrek bestuur word.
Die bedrag vir die vrywillige bydrae wat tans van produsente gevra word, beloop 0,15% van die omset by die eerste punt van verhandeling. Verskeie krities belangrike aksies wat die RPO in belang van veeprodusente onderneem, sal weens ‘n gebrek aan kapasiteit nie sonder die vrywillige bydraes kan bestaan nie.
Agente en abattoirs hef die vrywillige bydraes binne die provinsies en betaal dit aan die RPO’s binne elke provinsie oor. Hulle betaal dan ‘n voorafbepaalde bedrag aan die nasionale RPO oor waarmee hy sy organisatoriese en administratiewe funksies verrig. Volgens die duimreël word 70% van die fondse binne die provinsies aangewend en 30% vir nasionale aksies.
As primêre belanghebbende in die rooivleisbedryf word daar van produsente verwag om ‘n finansiële bydrae te maak deur die statutêre heffing en vrywillige bydrae te ondersteun. Dit skep kapasiteit om aandag te skenk aan produsentebelange binne die totale waardeketting van die bedryf.
Funksies wat in belang van die produsent uit die vrywillige bydrae gefinansier word: