Die visie is om ’n funksionele nasionale vee-identifikasie- en naspeurbaarheidstelsel vir Suid-Afrika in te stel weens die volgende redes:
- Suid-Afrika is uiters weerloos teen die uitbreking van oorgrens- of hoë impak-siektes omdat ons buurlande sowel as die gesoneerde gebiede van Suid-Afrika weerloos is teen sulke siektes.
- Die huidige siektes wat in die land voorkom en die weerloosheid teen ernstige siektes soos bek-en-klouseer bemoeilik plaaslike handel en uitvoer en het die potensiaal om tot verliese van miljarde rande in inkomste te lei.
- Die beweging van diere kan tans slegs in beperkte mate beheer word.
- Veediefstal bly ’n ernstige probleem.
- Die bestuur en identifikasie van diere in die kommunale én kommersiële sektore is ’n uitdaging.
- Die onvermoë om tussen verskillende bestuurspraktyke soos groeibevorderaars, Karoo Lam en grasgevoer te onderskei is problematies.
- Rampbestuur van droogtes, vloede en siekte-uitbrekings speel ’n rol.
- Onwettige invoer moet bekamp word.
