GROUKAT
admin
September 24, 2024

IDENTIFIKASIE VAN ROOFDIERE
GROUKAT
FELIS SILVESTRIS LYBICA)
Konflikkategorie: lae konflikpotensiaal, in sommige
areas kan dit egter hoog wees.
Bewaringstatus: minste kommer. In die SA
Rooidataboek vir Soogdiere word hierdie spesie
as kwesbaar gelys. Dit is onderworpe aan verbastering
met huiskatte en suiwer bloedlyne word nie gevind
in gebiede waar daar huiskatte is nie.
Algehele lengte:
85 – 100 cm; stert: 25 – 37 cm;
skouerhoogte: 35 cm;
massa: 2,5 – 6 kg.
Identifikasie-aanwysers:
• baie soortgelyk in voorkoms aan die huiskat
• baie langer bene as die huiskat, sodat die dier amper vertikaal regop kan sit
• ryk rooibruin kleur aan agterkant van die ore, oor die pens en aan agterkant van agterbene
• vertikale strepe oor die lyf wissel van baie duidelik tot baie dof
Spoor:
Soortgelyk aan die rooikat, maar kleiner.

Gedrag: Alleenlopend, behalwe in
die paartyd of wanneer die wyfie kleintjies
grootmaak. Mis word gewoonlik op dieselfde
wyse begrawe as by die huiskat, maar hulle
maak ook klein latrines waar die mis ophoop.
Hulle gebruik ’n verskeidenheid lêplekke in
rotsriwwe, gate wat deur ander diere gegrawe
is, of digte plantegroei, en sal in gebiede
soos in die Kalahari ook in bome lê.
Hulle merk hulle gebied, hoofsaaklik met
urine en moontlik krapmerke aan bome, en
albei geslagte verdedig die gebied.
In sommige areas word hulle beskou as die
vernaamste roofdiere van klein lammers.
Doodmaak- of vangpatroon
• Kan nie lammers ouer as drie tot vier dae
aanval nie.
• Diere word gewoonlik aan die keel gebyt.
• Maak slegs een lam op ’n keer dood.
• Prooi word weggesleep en soms bedek.
• Duidelike kloumerke sigbaar onder die vel.
• Soms word lammers nie doodgemaak nie;
slegs ’n geswelde nek en hangende kop is
merkbaar.
• ’n Roggelgeluid kan gehoor word weens ’n
trageale punktuur.
Vreetpatroon
• Gewoonlik word borsvleis en binnedye gevreet.
• Ingewande word nie gevreet nie.
Voorkomend
• Voorkomend
Remediërend
• vanghok – raadpleeg die relevante owerhede
oor ‘n permit