RPONK

ROOIKAT

Share This :
IDENTIFIKASIE VAN ROOFDIERE

ROOIKAT

Hoofsaaklik naglewend, maar gedeeltelike dagaktiwiteit indien hulle nie gesteur word nie. Alleenlopend, behalwe in paartyd of wanneer wyfies deur kleintjies vergesel word.

Konflikkategorie: hoë konflikpotensiaal.
Bewaringstatus: minste kommer.
Algehele lengte:
75 – 120 cm; stert: 15 – 35 cm;
skouerhoogte: 45 cm; massa: 8 – 18 kg.
Identifikasie-aanwysers:
• agterkwarte effens hoër as blaaie
• algemene rooierige, vaalbruin kleur
• kort stert
• spits ore met ’n klossie swart hare aan die punt
en swart aan die agterkant met wit hare tussenin

Spoor:

Gedrag: Hoofsaaklik naglewend, maar
gedeeltelike dagaktiwiteit indien hulle nie
gesteur word nie. Alleenlopend, behalwe in
paartyd of wanneer wyfies deur kleintjies
vergesel word.
Die mannetjie is territoriaal met ’n aktiwiteitsgebied
wat kan oorvleuel met dié van
twee of meer wyfies. Aktiwiteitsgebiede van
wyfies oorvleuel, maar hulle vermy waarskynlik
kontak deur olfaktoriese seine soos
urine, mis en boomkrapmerke. Afhangende
van hoe volop kos is, kan aktiwiteitsgebiede
so klein as 400 ha of tot so groot as
10 000 ha of meer wees.

Doodmaak- of vangpatroon
Bekruip sy prooi tot baie naby en maak staat op ’n direkte sprong of kort, vinnige lopie.
• Vang prooi onderaan die keel en versmoor dit.
• Bytmerke het tipies twee gaatjiewonde aan weerskante van die keel of aan weerskante
van die lugpyp.
• Kloumerke is dikwels sigbaar aan die blad, pens of agterboud.
• Maak dikwels meer as een dier dood tydens die jag, maar vreet slegs aan een.
• Lammers of skape word doodgemaak.

Bestuursmetodes
Rooikatte kan ’n
smaak vir veediere ontwikkel, maar dit kan
vermy word indien die korrekte voorkomende
metodes gevolg word om vee te beskerm,
soos heinings en die hou van vee in ’n kraal.
Rooikatte word maklik in vanghokke gevang.
’n Lokval kan by ’n dooie dier geplaas word,
veral een wat nie versteur is nie, of dit kan op
die rooikat se roetes gestel word.
Die rooikat kan van ’n area uitgesluit word
deur gebruik te maak van ’n ogiesdraadheining
met klippe wat teen die basis gepak
word om te voorkom dat diere onderdeur
kruip. In kombinasie met ’n elektriese draad
of twee wat langs die heining loop, kan dit
baie doeltreffend wees.

Vreetpatroon
By die toegangspunt is die vel afgekou
en daar bly nie ’n los flap oor soos in die
geval van die rooijakkals nie.
• Eet gewoonlik die agter- en binnekant van
die agterbeen van prooi, maar borsstuk en
blad kan ook geneem word.
• Wol of hare word uitgepluk voordat daar gevreet word.
• Pens word nie gevreet nie en kan onbeskadig
eenkant toe gestoot word.
• Groot bene word nie gebreek of gekou nie.
• Prooi kan gedeeltelik met plantmateriaal of
grond bedek wees.

Voorkomend
• jakkalsbestande heinings
• elektriese heinings
• hou vee in ’n kraal
• afskrikmiddels – geraas, lig en reuke
• veewagters
• halsbande
• herdersdiere, bv. Anatoliese herdershonde

Remediërend
honde – geen kontak tussen die honde en
die rooikat toegelaat nie
• nagtelike jag
• vangyster met verstelbare trapplate
• vanghokke