Deur Heinz H. Meissner.
Spiersamestelling in beeste kan deur ouderdom van die dier, voerprogram, groeibevorderaars en karkasvariasie by slagting beïnvloed word. Daar is getuienis dat die tipe dieet die bruto- en vetsuursamestelling van beesvleis kan verander. Die literatuur wys dat vleis van beeste wat op weiding afgerond word gesonder is as beesvleis vanaf voerkrale weens ‘n laer vetinhoud en ‘n meer gewenste vetsuurprofiel.
