Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n versoek van die RPO en die SA Boktelersvereniging toegestaan dat Klas A-bokke (lammers) voortaan met blou ink gemerk word en nie die oranje ink soos tans deur regulasies voorgeskryf word nie.
Die Departement het besluit om dié versoek by wyse van dispensasie te implementeer totdat dit formeel in die regulasies opgeneem kan word. Daar sal nie later nie as 1 Mei 2018 van oranje na blou ink oorgeskakel word.
