RPONK

VOORKOMENDE MAATREËLS TER ONDERSTEUNING VAN BIOSEKURITEIT

Share This :

VOORKOMENDE MAATREËLS TER ONDERSTEUNING VAN BIOSEKURITEIT

Voorkomende maatreëls word vereis om die kudde teen siektes te beskerm wat weens eksterne kontak opgedoen word. Die volgende kategorieë is van belang:

  1. DIREKTE VEE-AANKOPE (en eie vee wat terugkeer)

Die volgende behoort geverifieer te word voordat nuwe diere in die kudde ingebring word:

  • Hoe lank die diere by die vorige aankooppunt of plek gebly het.
  • Of daar enige onlangse siekte-uitbrekings in die gebied was.
  • Of eienaarskap duidelik deur brandmerke bevestig word.
  • Of ‘n inentingsprogram gevolg is (dokumentêre of veterinêre bewys).
  • Wat is die algemene plaaslike eksterne parasiete en die beheerprogram wat op ‘n roetine-basis gevolg word.
  • Is ‘n veeartsondersteunende beheerprogram teen oordraagbare siektes gevolg.
  • Datums en voldoende aantal toetse vir reproduktiewe siektes op beide manlike en vroulike diere.
  • Datums en toetse vir soönotiese siektes.

 

Bogenoemde moet ook met die aankoper se eie veearts geverifieer word.

 

  1. AANKOPE VAN VERKOPERS OF SPEKULANTE
  • Koop net in gebiede wat nie naby geskeduleerde gebiede is nie.
  • Doen ‘n visuele inspeksie van die diere voor aankope vir:

* brandmerke

* parasietbesmettings

 

 

  1. VERVOER NA DIE PLAAS
  • Gebruik net erkende vervoermaatskappye.
  • Sorg dat die trok skoongemaak en ontsmet is.
  • Maak seker die trok volg die kortste ononderbroke roete.
  • Die trok moet die kortste roete na die hanteerfasiliteite volg.
  • Moenie toelaat dat die trokpersoneel in aanraking kom met die plaaskudde nie.

 

 

  • AANKOMS OP DIE PLAAS
  • Wanneer die vee afgelaai word moet stres tot die minimum beperk word en vee moet visueel geëvalueer word vir onnatuurlike kondisies.
  • Isoleer die diere van die plaaskudde en gedeelde fasiliteite vir ten minste 28 dae (kwarantyn).
  • Toets weer vir siektes waaroor daar kommer is indien nodig voordat die nuwe diere met die res van die kudde meng.
  • Prosesseer nuwe aankomelinge binne 24 uur na aankoms (unieke ID skyfie, brandmerk, dip, doseer, inent).
  • Doen gereelde inspeksies.

 

  1. VOERAANKOPE
  • Maak seker dat hooibale nie aangekoop word van gebiede wat aangrensend tot geskeduleerde gebiede is nie.
  • Koop net van erkende handelaars.
  • Moenie voer koop wat in tweedehandse sakke verpak is nie.
  • Maak seker voertrokke is skoongemaak en ontsmet, veral as dit ook gebruik word om diere na die abattoirs te vervoer.

 

  1. BESOEKERS
  • Moenie vreemdelinge of hul voertuie naby die vee toelaat nie.
  • Maak seker heinings word goed onderhou. Dit moet jakkalse en vlakvarke verkieslik uithou.

 

 

  1. WERKNEMERS
  • Werknemers moenie toegelaat word om in die voerstore te eet nie.
  • Voorsien werknemers van voldoende ablusiefasiliteite.
  • Reël dat werknemers gereelde middels teen lintwurms ontvang en mediese roetine-ondersoeke ondergaan.
  • Hou rekord van alle vee op die eiendom wat aan werknemers behoort.
  • Behandel werknemers se vee met aparte, maar toegewyde gesondheidsprogramme.
  • Maak seker werknemers verstaan waarom biosekuriteitsmaatreëls ingestel word sodat hulle sal help om daaraan te voldoen.