Die Rooivleisbedryfsforum ondersteun die handel van lewendehawe en vervoer per skip indien dit eties en sonder enige dieremishandeling gedoen word.
Plaaslike wetgewing sowel as die beginsels en riglyne soos uiteengesit deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid, die OIE, moet in die afwesigheid van Suid-Afrikaanse riglyne die uitvoere van lewendehawe vanaf Suid-Afrika regeer.