+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Internasionale lamsmarkte is steeds stewig, volgens ABSA Agri Trends.

Verwagte voortgesette knap wêreldwye voorrade, veral uit Australië en NieuSeeland behoort die mark in die onmiddellike toekoms stewig te hou.

Plaaslik mag pryse oor die kort termyn sywaarts beweeg en nader na die Paasnaweek toe opwaarts neig. Lam- en skaapvleis bly die duurste vleis in die mark.

Internasionaal
Nieu -Seelandse lamspryse het meestal laer verhandel gedurende die week van 16 Februarie vergeleke met die vorige week. Lam het 1.2 % laer afgesluit teen NZ$101.6/kop vir ‘n 15 kg lam. Lamspryse was 1.1% laer teen NZ$142.3/kop vir ‘n 21 kg lam. Ooie het 1.0% hoër verhandel teen NZ$96.6/kop vir ‘n 21 kg ooi. Die invoer-pariteitsprys vir lamsvleis was 0.6% laer teen R47.67/kg.

Bullish faktore

  • Globale lamsmarkte is steeds stewig.
  • Die laer voorrade uit Australië plaas bykomende druk op die Amerikaanse mark vir Nieu-Seelandse lam. Die mark styg steeds en sal na verwagting in die komende maande ‘n belangrike speler bly.

Bearish faktore

  • Daar word verwag dat Nieu-Seelandse lamvoorrade na die einde van Februarie toe sal lig. Dit hang egter af van die weerspatrone in die komende weke.

Plaaslik
Lam- en skaapvleispryse het opwaarts geneig tot en met Desember 2017, maar dit het ietwat teruggesak in die nuwejaar. Dit het intussen afgeneem van die rekordvlakke wat in Desember bereik is.

In die week van 16 Januarie het dit veld verloor vergeleke met die vorige week. Die pryse was soos volg: Klas A was 2.7% laer teen R72.71/kg en Klas C was 3.9 teen R52.65/kg. Die gemiddelde pryse van voerlammers het 0.20% hoër verhandel teen R41.34/kg. Die gemiddelde prys vir dorperhuid is 1.9% laer teen R32.5/huid en merinohuid het 3.3% laer verhandel teen R88.26/huid.

Bullish faktore

  • Kort termyn weervooruitsigte dui op verbeterde reënvaltoestande oor die somerreënvalgebiede vir die komende weke.

Bearish faktore

  • Die aanvraag is gedemp gedurende die middel van die maand.
  • Lam- en skaapvleis bly die duurste vleis in die mark.
  • Die weer was tydens die eerste drie week van Januarie 2018 droog en warm en het ‘n negatiewe impak op grondvog gehad. Omdat natuurlike en aangeplante weiding nie gegroei het nie, het diere se kondisie agteruitgegaan.
Share This