+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Daar is geen tekort aan lof vir vegetariese diëte nie, maar nuwe navorsing dui daarop dat mense wat nie rooivleis eet nie, depressief kan raak.

‘n Span navorsers van die Verenigde Koninkryk en Amerika het besluit om te bepaal of mense wat as vegetariërs geïdentifiseer is, ‘n groter waarskynlikheid sal hê om aan depressie te ly.

Deur data uit ‘n ou navorsingstudie te gebruik wat in die Verenigde Koninkryk gedoen is waarin families gevra is om verslag oor hul diëte te doen, het die span gevind dat vegetariese mans ‘n groter kans het om depressief te wees as hul vleisetende eweknieë. Die studie het bykans 10 000 mans met ‘n swanger lewensmaat ingesluit en elkeen se voorkeure in terme van dieet is aangeteken. Slegs 350 was vegetariërs.

Die navorsers het vergelyk hoe beide plant- en vleiseters op die Edinburgh postnatale depressive-skaal gevaar het. Dit is ‘n toestel wat dokters gebruik om te bepaal of vroue geneig sal wees om nageboortedepressie te ontwikkel. Die span het bepaal dat vegetarïers meer daartoe geneig is om tellings van meer as tien te behaal, wat die minimum drempel van moontlike depressie is.

Die navorsing is in ‘n uitgawe van die Journal of Affective Disorders gepubliseer.

Share This