+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Die nasionale RPO verwelkom die aanstelling van ‘n nuwe Raad vir Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).

Die RPO het die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye vroeër versoek om nie net ‘n nuwe Raad aan te wys nie, maar om ook ‘n Hoofuitvoerende Bampte vir die OBP aan te stel, sowel as die nodige professionele personeel.

Die RPO is van mening dat OBP ‘n nasionale bate is en dus beskerm behoort te word. Die primêre rooivleisbedryf ondersteun die OBP aangesien sommige entstowwe wat van strategiese belang vir die veebedrywe in Suid-Afrika en Afrika is, slegs deur OBP vervaardig word.

Die rooivleisbedryf het in die afgelope jaar baie probleme ondervind omdat daar ‘n tekort aan OBP-entstowwe was.

Share This