+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Daar is ‘n jarelange opvatting wat in die publiek se bewussyn vasgesement is dat plantvet gesonde vet is terwyl diervet baie sleg is vir jou. Dit is waarom sommige vegetariërs heeltemal opgehou het om vleis te eet en baie dieetkundiges beweer dat avokado’s gesonder is as beesvleis.

Maar te danke aan ‘n dooie wetenskaplike wat ook ‘n opgaarder was, mag alles wat ons glo oor die teenoorstelling tussen die vet wat in groente teenwoordig is en die vet wat in diere teenwoordig is, in der waarheid ‘n leuen wees. Die onverwerkte bevindings van ‘n navorsingstudie wat byna 50 jaar gelede onderneem is en wat onlangs in die mediese joernaal BMJ gepubliseer is, “toon die voordele daarvan om poli-versadigde vette bo versadigde vette te kies is nie so seker as wat ons gedink het nie”, skryf Lenner Veerman, Senior Navorser by die University of Queensland.

Dit kan moontlik die goue standaard wees in ‘n oorlog wat in die voedingskundige navorsingsveld heers. Tallose studies bewys die direkte teendeel van navorsers se bevindings, terwyl kritici sê monstergroottes en kwantitiewe data skiet dikwels tekort in terme van grootte en omvang. Maar die voorheen ongepubliseerde bevindings is afkomstig van die grootste studie in sy soort wat onderneem is om die idee dat die poliversagde vette wat in groenteprodukte aangetref word, oor die lang termyn gesonder is as die versadigde vette wat in vleissoorte, room en botter aangetref word, aan te spreek.

Ondanks die enorme navorsingsprojek wat tussen 1968 en 1972 in Minnesota onderneem is en waaraan 9 423 mense deelgeneem het, is ‘n enkele navorsingsverslag oor die projek in 1989 gepubliseer. Die verslag het die vraag aangespreek of groentevette nie die risiko van koronêre hartsiektes verlaag nie, hoewel dit nooit aangedui het dat diervette eintlik gesonder vir die hart kan wees as poli-versadigde vette nie.

Maar te danke aan ‘n soektog wat onderneem is onder leiding van Christopher Ramsden van die Nasionale Instituut van Gesondheid, het die wêreld nou toegang tot nuwe data om die ou opvatting te bevraagteken. Die afgestorwe navorser se kinders het onder meer gehelp om die data in ‘n kelder te vind en die inligting wat gevind is, is verwerk.

Die navorser het bevind dat 9 423 deelnemers (tussen die ouderdom van 20 en 97) se cholesterolvlakke met ‘n gemiddeld van 14% verlaag het toe hulle plantvette met diervette vervang het.

Die navorsingstudie was nie sonder foute nie en het onder meer nie aandag gegee aan die verskillende siektes of kankers wat moontlik veroorsaak kan word as sekere tipes vet ingeneem word nie.

Dit bly egter een van die grootste navorsingsprojekte tot op datum en weerspreek die opvatting dat plantvet minder geneig sal wees om are te verstop en hartaanvalle te veroorsaak as die versadigde vette wat in diervet voorkom.

Share This