+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Die Rooivleisbedryfsforum ondersteun die handel van lewendehawe en vervoer per skip indien dit eties en sonder enige dieremishandeling gedoen word.

Plaaslike wetgewing sowel as die beginsels en riglyne soos uiteengesit deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid, die OIE, moet in die afwesigheid van Suid-Afrikaanse riglyne die uitvoere van lewendehawe vanaf Suid-Afrika regeer.

Agri SA, Agri Oos-Kaap, die Nasionale Wolkwekersvereniging, die SA Voerkraalvereniging, die SA Varkvleisprodusente-organisasie, die Rooivleisprodusente-organisasie en die Rooivleisbedryfsforum wil dit kategories duidelik maak dat skepe wat betrokke is by die uitvoer van lewendehawe al die prosedures en riglyne binne die OIE-standaard sal moet volg en aan die voorwaardes sal moet voldoen soos wat deur die regering gesertifiseer word.

Lees meer HIER.

Share This