+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Internasionaal bied die verlaagde voorrade van Australiese en Nieu-Seelandse beesvleis ondersteuning aan pryse, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik lei laer voerpryse en die feit dat daar minder vee beskikbaar is daartoe dat pryse styg. Beesvleispryse is hoog weens dalende slagsyfers ná meer beeste gedurende die droogte geslag is. Die goeie reënval van die afgelope seisoen het groeitoestande verbeter en kuddebou aangemoedig, wat uiteindelik laer voorsiening van beeste tot gevolg het.

Internasionaal

Gedurende die week van 19 April 2017 het Nieu-Seelandse bulle meestal sywaarts verhandel teen 5.61NZ$⁄kg en koeie het 2.29% laer verhandel teen 4.26NZ$⁄kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.

Beesvleis het as volg meestal hoër verhandel in Amerika: Binneboud was 0.99% hoër teen $212,30⁄cwt, kruiskyf het -0.07% laer verhandel teen $370.20⁄cwt en lendeskyf het 4.67% hoër verhandel teen $672.00⁄cwt. Dikrib het 4.14% laer verhandel teen $216,20⁄cwt en borsstuk het 2.88% hoër verhandel teen $215,00⁄cwt. Die karkasekwavelent in Amerika was 1.53% hoër teen $312.46⁄cwt.

Bullish faktore
  • Onlangse nuus dat China die verbod op Amerikaanse beesvleis wat in 2003 ingestel is gaan ophef, mag positiewe vooruitsigte vir Amerikaanse beesvleis inhou. Die verbod is in 2003 ingestel ná ‘n geval van malkoeisiekte in Amerika bevestig is. As dit gebeur, mag Amerika ‘n gedeelte van Brazilië se markaandeel opneem.
  • In Amerika is dit warmer as gewoonlik, wat beteken dat mense graag braai, sodat daar ‘n groter vraag na beesvleis is.
  • Die dalende beskikbaarheid van Australiese en Nieu-Seelandse voorraad ondersteun pryse.
Bearish faktore
  • Volgens die jongste verslag van die Amerikaanse Departement van Landbou het die vooruitskatting vir rooivleis- en pluimveeproduksie vanaf verlede maand verhoog omdat dit vergoed vir die effense afname in varkvleisproduksie. Beesvleisproduksie sal na verwagting hoër wees weens die huidige pas van slagtings en die swaarder as verwagte kalfgewigte in die eerste helfte van die jaar.
  • Groter beskikbaarheid van mededingende vleissoorte mag ‘n demper op vraag plaas.
Plaaslik

Alle grade beesvleispryse het week op week verstewig. Die voorspelde ABSAbeesvleispryse was as volg: Klas A-pryse is 1.05% hoër teen R46.30⁄kg en Klas C- pryse is 0.61% hoër teen R37.15⁄kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 4.2% hoër teen R30.11⁄kg. Huidpryse was 0.65% hoër teen R14.77⁄kg vir ‘n groen vel, teenoor die R14.68⁄kg van die vorige week. Huidpryse sal na verwagting weens die verswakking van die rand verstewig, veral in die huidige politieke klimaat.

Bullish faktore
  • Die jongste slagsyfers dui dat 6.5% minder beeste in Februarie 2017 (192,186 kop) geslag is vergeleke met Januarie 2017 (205,549 kop). ‘n Totaal van 192,186 beeste is in Februarie 2017 geslag, wat 17% laer is as die 231,700 beeste wat in Februarie 2016 geslag is. Laer slagsyfers bied ondersteuning aan pryse
  • Die goeie reënval van die afgelope seisoen het groeitoestande verbeter en kuddebou aangemoedig, wat uiteindelik laer voorsiening van beeste tot gevolg het.
Bearish faktore
  • Beesvleispryse bly hoog in vergelyking met die pryse van pluimvee en varkvleis. Dit mag lei tot ‘n groter vraag na goedkoper pluimvee- en varkvleisprodukte.
Share This