+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Oranjerivier Landbou-unie was bevoorreg om op 3 Julie 2017 saam met Melanie Theron, Kantoor Administrateur, 15 jaar van getroue en lojale diens te vier. Melanie het diens aanvaar op 01 Julie 2002 by ORLU en volgens haar was sy nog nooit spyt nie.

As Bestuurder by ORLU werk ek sedert Junie 2015 saam met Melanie en is sy beslis ’n aanwins vir ORLU. Namens ORLU se Uitvoerende Bestuur en lede, wil ons vir Melanie opreg bedank vir die 15 jaar se goeie en onbaatsugtige diens wat sy gelewer het. Mag ORLU nog ’n lang pad saam met haar stap om Georganiseerde Landbou van diens te wees.

 

Van links na regs: Melanie Theron (ORLU Kantoor Administrateur), Wiaan van Rensburg (ORLU President) en Louis Steyn (ORLU Bestuurder)

 

   

Share This