+ 27 53 832 9595 | +27 82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Skriftelike kommentaar op die nuwe konsepriglyne rondom die verskeping van lewende hawe vanaf Suid-Afrika kan tot 30 April gelewer word.

Dr. Mphane Molefe, direkteur vir openbare gesondheid: veeartsenydienste by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het op 31 Maart amptelik kennisgewing gegee dat die konsepriglyne oopgestel is vir kommentaar.

Mnr. Gerhard Schutte, bestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê die RPO verwelkom die feit dat nuwe konsepriglyne opgestel is.

Die doel van die konsepriglyne, wat saam met die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) die verskeping van lewende hawe vanaf Suid-Afrika sal reguleer, is om dieresorgstandaarde wat op feite gebaseer is te bied, die welstand van diere tydens verskeping te waarborg en te verseker dat diegene betrokke by die verskeping volle verantwoordelikheid vir die diere tydens verskeping sal aanvaar.

Lees meer HIER.

Share This