+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Koolstofbelasting vir die landbousektor is nie ‘n onmiddellike bedreiging in SuidAfrika nie, maar ons kan in die toekoms druk verwag.

Sommige beleggers glo regerings regoor die wêreld sal ‘n manier kry om vleisproduksie te belas in ‘n poging om openbare gesondheid te verbeter en die vrylatingsteikens te bereik soos uiteengesit in die Parys Klimaatooreenkoms.

Beleggers wat op die gemeenskap fokus is besig om druk op maatskappye te plaas om na plantproteïene te diversifiseer, terwyl party selfs voorstel dat veeprodusente ‘n ‘skaduprys’ van vleis, wat soortgelyk aan ‘n interne koolstofprys is, gebruik om toekomstige insetkoste te bepaal.

Vleis kan dieselfde paadjie as tabak, koolstof en suiker loop, wat tans in onderskeidelik 180, 60 en 25 jurisdiksies regoor die wêreld belas word, volgens ‘n verslag van die beleggingsgroep FAIRR (Farm Animal Investment Risk & Return).

Wetgewers in Denemarke, Duitsland, China en Swede het die moontlikheid bespreek om veeverwante belasting in die volgende twee jaar te ontwikkel, hoewel daar sterk weerstand teen die idee is.

Kweekgasvrystellings van lewendehawe maak ongeveer 14,5% van die wêreld se totale vrystellings uit, aldus ‘n voedsel- en landbou-organisasie, wat ook voorspel dat globale vleisverbruik teen die middel van die eeu tot 73% sal styg weens die groeiende aanvraag uit lande soos Indië en China. Dit kan daartoe lei dat die wêreldekonomie se gesondheids- en omgewingsuitgawes teen 2050 soveel as $1,6 triljoen sal wees.

Die idee om vleis te belas word getemper deur vrese dat dit tot ‘n politieke teenreaksie van boere kan lei, sê FAIRR in die verslag.

Plantproteïen het egter reeds ‘n wesenlike aanvraag na proteïen veroorsaak weens ‘n neiging om meer vegetariese kos by Westerse diëte in te sluit. Ongeveer vier uit elke tien Amerikaners en Kanadese probeer aktief om meer plant-gebaseerde proteïen in hul dieet te hê, volgens ‘n wêreldwye Nielsen opname.

Share This