+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

‘n Konsepbestuursraamwerk vir Johne se siekte is deur die rooivleisbedryf voorgestel en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ondersteun alle bedryfsgedrewe inisiatiewe om die verspreiding van die siekte te bekamp.

Die volgende vertrekpunte sal die basis vorm vir ‘n besluit oor die toekomstige beheer van Johne se siekte:

Verkoperverklarings
Dit behels dat boere deur die bedryf aangemoedig sal word om nie diere aan te koop sonder ‘n deklarasie dat die diere vry is van Johne se siekte nie. Die verkoperverklarings sal aanvanklik deur die verkoper uitgereik word op die basis dat die diere geen tekens van Johne se siekte toon nie. Die bedryf het vraelyste vir dié doel versprei en die inisiatief sal ‘n hupstoot kry met negatiewe toetsresultate wat met privaat veterinêre sertifikate ondersteun word sodra betroubare toetse beskikbaar is.

Diagnostiese toetse
Diagnostiese beperkinge het die omvang van siektebeheer vir Johne se siekte in Suid Afrika erg aan bande gelê. Die Onderstepoort Veterinêre Navorsinginstituut is besig om ‘n toets vir Johne se siekte te vestig wat die land se diagnostiese vermoëns van die siekte baie sal verbeter.

Voorkoms van die siekte
Weens diagnostiese uitdagings is dit tans nie duidelik hoe wydverspreid die siekte in Suid-Afrika voorkom nie. Sodra die nuwe diagnostiese toets beskikbaar is, sal gereelde diagnostiese toetsing tesame met die verkoperverklarings die kennis van die siekte verbeter.

Inenting
Die huidige gebruik van die entstof, slegs op besmette plase en met toestemming van die staat se veterinêre dienste, sal ingestel word totdat nuwe navorsing beskikbaar is wat aandui dat dié benadering in heroorweging geneem moet word.

Deregulering van beheermaatreëls
Daar was ‘n versoek vir die deregulering van die siekte, maar dit kan slegs oorweeg word as die verkopersregulaies en die uitslae van verbeterde metodes die departement ‘n duideliker prentjie van Johne se siekte in Suid-Afrika kan gee.

Share This