Die eerste internasionale landelike misdaad-konferensie word op 27 September 2017 by die Royal Elephant Lodge en Konferensiesentrum in Centurion deur Unisa (Skool vir Kriminele Reg) en georganiseerde landbou (Agri SA, TLU-SA, RPO en AFASA) aangebied.
Die tema van die konferensie is “The Challenges of Rural Crimes Affecting Agriculture”. Internasionale sprekers wat tydens die konferensie sal optree, is:
Dr Joseph Donnermeyer, Professor Emeritus, Ohio Universiteit, Amerika met die tema “The impact of crime on farms”.
Dr Elaine Barclay, Universiteit van New England, Sydney, Australia met die tema “Crime and crime prevention on farms in Australia”.
Mnr Emmanuel Bunei, Moi Universiteit, Kenya, met die tema “Stock theft in Africa: current challenges and future direction”.
Ander onderwerpe sluit die volgende in:
‘n Ondersoek na die motivering agter plaasaanvalle en die gepaardgaande skadelike verskynsels.
‘n Evaluering van die implementering van die landelike veiligheidsplan in die Cacadu distriksmunisipaliteit.
Nie net nog ‘n kommoditeit nie: Veediefstal as ‘n georganiseerde misdaad.
Faktore wat ‘n impak op veediefstal het in die drie Suid-Afrikaanse provinsies wat grens aan Lesotho.
Praktiese riglyne vir die integrasie van konvensionele en tegnologiese metodes om veediefstal in Suid-Afrika te bekamp.
Uitdagings en tekortkominge van die kriminele regstelsel in landelike gebiede.
Plaasaanvalle: Die rol van statistiek en misdaadanalises.
Die statistiese mites van geweldsmisdade in landelike gebiede.
Die impak van wildlewe misdaad op die landelike ekonomie in Suid-Afrika: ‘n Gevallestudie van renosterstroping.
Besoek asb die volgende webbladsy en klik op die skakel vir registrasies: http://swiftprint.co.za/rpo/ (IRCC).
Die sperdatum vir registrasies is Woendag, 20 September 2017 en inskrywings beloop R500 per persoon.