+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Groeiende internasionale beesvleisproduksie bly ‘n bedreiging vir globale beesvleispryse, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik mag beesvleispryse teen die middel van die maand sywaarts verhandel en ietwat verstewig na die einde van die maand toe.

Internasionaal
Gedurende die week van 16 Februarie het Nieu-Seelandse bulle sywaarts verhandel teen NZ$ 5.45/kg en koeie het sywaarts verhandel teen NZ$ 4.12/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.

Beesvleis het soos volg, gemeng verhandel in Amerika: Binneboud 0.90% hoër teen $218.70/cwt, kruisskyf het 0.69% laer verhandel teen $347.55/cwt, lendeskyf het 0.26% laer verhandel teen $509.95/cwt en dikrib het 2.34% laer verhandel teen $232.04/cwt. Borsstuk het 5.08% hoër verhandel teen $257.98/cwt. Die karkas-ekwavelent in Amerika was 0.56% hoër teen $297.98cwt.

Bullish faktore

  • Reën wat in Australië voorgekom het, het die risiko van ‘n verhoogde aanbod uit dié mark uitgeskakel. Dit sal voorrade beperk en beteken dat die risiko vir groter voorrade gedurende Februarie ook minimaal is.
  • Die pryse van ingevoerde Amerikaanse beesvleis styg steeds. Beperkte voorrade uit Nieu-Seeland ondersteun hoër pryse.

Bearish faktore

  • Daar was verhoogde Australiese voorrade in Januarie.

Plaaslik
Die gemiddelde beesvleisprodusentepryse het in die maande wat na Desember lei gestyg, maar pryse het in die nuwe jaar ietwat houvas verloor. Dit het ook in Januarie, in lyn met seisoenale tendense, teruggeval.

Week-op-week het beesvleispryse steeds in al die klasse momentum behou. Die gemiddelde Klas A-pryse het verder tydens die week van 16 Februarie herstel en is 0.19% hoër teen R46.74/kg.

Klas C-pryse was 0.86% hoër teen R43.22/kg. Die gemiddelde speenkalfprys was in die week 0.6% hoër teen R38.33/kg. Die gemiddelde huidpryse het steeds veld verloor. Die sterk SA rand tesame met die swak internasionale mark het ‘n neerdrukkende effek op pryse. Die gemiddelde pryse het met 2.26% gedaal om R9.94/kg vir ‘n groen vel te bereik.
NB* Huidpryse word deur die gemiddelde pryse van die Rooivleisabattoirvereniging en onafhanklike maatskappye bepaal.

Bullish faktore

  • Gunstige reën word verwelkom om grondvog, grondtoestande en damvlakke te verbeter.
  • Daar is ‘n goeie aanvraag na en beperkte aanbod van speenkalwers.
  • Boere kon nie someroeste in die westelike en suid-westelike gedeeltes van die somergewasgebiede aanplant nie, wat beteken dat die totale mielieproduksiegebied met 10 tot 20% kleiner is.

Bearish faktore

  • Pryse sak normaalweg in die middel van die maand terug.
  • Ongunstige weerstoestande, wat aan die begin van die jaar voorgekom het, het ‘n negatiewe uitwerking op veldtoestande gehad.
  • Voermarges was vir die grootste gedeelte van 2017 positief weens lae voerkoste vanweë die laer graanpryse. Die beesvleis tot graan prysverhouding dien as ‘n ekonomiese aanwysing vir die beesvleisbedryf. Indien dit bo ‘n verhouding van 13 verhandel, gaan dit goed met die bedryf. Die prysverhouding was in 2017 meestal gunstig en dit was ook die beste in agt jaar.
Share This