+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Hierdie koei en haar kalf van V8 Beefmasters is vir die hoogste prys van R80 000 verkoop. AgriOrbit

V8 Beefmasters en Oktavia Beefmasters het op 27 Oktober hul uiters suksesvolle derde Kalahari Beefmaster-produksieveiling by die Vryburg-skougronde gehou. Altesaam 66 uitstekende lotte is by die veiling aangebied. Vertroue in die uitsonderlike gehalte diere wat deur V8 Beefmasters en Oktavia Beefmasters aangebied is, is bevestig en kopers het hul waardering uitgespreek vir die feit dat topgehalte diere bekostigbaar aangebied is.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R150 000 (Koper: Malcolm Kock)
  • Tweede hoogste prys bul: R100 000
  • Gemiddelde prys bulle: R57 000
  • Hoogste prys koei en kalf: R80 000 (Koper: Jan Greyling)
  • Gemiddelde prys koeie en kalwers: R51 600
  • Hoogste prys vers: R50 000 (Koper: Thys van Rooyen)
  • Gemiddelde prys verse: R32 500

Aangebied deur: André Kock & Seun Limpopo

Share This