+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Internasionaal het die inspuiting wat die Amerikaanse handel kry weens ‘n swakker dollar en stygende verbruik in Oos-Asië, veral China, voortgegaan om beesvleispryse stewig te hou, volgens ABSA Agri Trends. Plaaslik mag pryse ondersteun word deur ‘n verhoogde vraag omdat dit die einde van die maand is.

Internasionaal
Gedurende die week van 25 Augustus 2017 het Nieu-Seelandse bulle sywaarts verhandel teen 5.46NZ$⁄kg en koeie het sywaarts verhandel teen 4.33NZ$⁄kg
onderskeidelik vergeleke met die vorige week.

Beesvleis het as volg gemeng verhandel in Amerika: Binneboud was 5.78% laer teen $209.47⁄cwt, kruiskyf het 4.07% laer verhandel teen $352.25⁄cwt, lendeskyf het 6.36% laer verhandel teen $482.58⁄cwt en dikrib het 1.39% laer verhandel teen $232.05⁄cwt. Borsstuk het 0.77% laer verhandel teen $198.09⁄cwt. Die karkas-ekwavelent in Amerika is 3.49% laer teen $273.70⁄cwt.

Bullish faktore
 Amerika is besig met samesprekings oor die vereistes vir die Noord-Amerikaanse vryehandelsooreenkoms met Kanada en Mexiko. Dit is vir Amerika belangrik om handel met dié top-beesvleisklïente te handhaaf.
 Beperkte voorrade in Nieu-Seeland het ‘n invloed op dié land se beesvleispryse gehad.

Bearish faktore
 Japan is ‘n minder winsgewende mark vir Nieu-Seeland nadat sy tariefbeskerming op die bevrore produk van 38,5 tot 50% aangepas is. Dié koerse is aangepas weens ‘n toename in die aantal beesvleis wat in die eerste helfte van die jaar deur Japan ingevoer is. Beesvleis wat waarskynlik vir Japan bestem was, is na ander markte herlei.
 Oorvloedige bees- en beesvleisvoorrade in Amerika mag afwaartse druk op pryse plaas.
 In Australië het ‘n baie droë winter ‘n afwaartse invloed op pryse gehad in die afgelope maand, maar reën het egter in die ooste voorgekom.

Plaaslik
Beesvleispryse het gemeng verhandel in die week van 25 Augustus, maar is oor die algemeen steeds stewig.

Die voorspelde ABSA-beesvleispryse was as volg: Klas A-pryse is 0.1% laer teen R46.96⁄kg en Klas C- pryse is 0.92% hoër teen R41.86⁄kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 1.5% laer teen R34.81⁄kg.

Huidpryse was 1.68% hoër teen R13.93⁄kg vir ‘n groen vel.
NB* huidpryse word bepaal deur die gemiddeld van die Rooivleisabattoirvereniging en onafhanklike maatskappye.

Bullish faktore
 Kwaliteit speenkalwers vir voerkrale is beperk, wat ondersteuning bied aan die pryse wat vir vee van ‘n hoër kwaliteit betaal word. In die afgelope tyd was daar baie min speenvee vir voerkrale beskikbaar by sommige veilings.
 Laer mieliepryse sal hoër speenkalfpryse ondersteun. Die lae koste van mielies en die verbeterde weidingstoestande van dié seisoen het produsente laat besluit om hul speenkalwers terug te hou.
 Hoër speenkalfpryse het produsente aangemoedig om beeste vir kontantvloeidoeleindes te verkoop.

Bearish faktore
 Verbruikers is onder druk en party mag onwillig wees om meer vir beesvleis te betaal. Hulle mag oorskakel na ander produkte.
 Beesvleispryse is tans hoog in die plaaslike mark. Dit mag produsente aanmoedig om op die plaaslike mark te verkoop.

Share This