+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Insek- en bosluisoordraagbare siekte was in oorvloed gedurende Maart, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).

Die volgende insek-oordraagbare siektes is aangemeld:

  • Knopvelsiekte.
  • Drie-dae-stywe siekte.
  • Bloutong.
  • Afrika perdesiekte.
  • Anaplasmose.

Die volgende bosluis-oordraagbare siektes is aangemeld:

  • Afrika rooiwater.
  • Asiatiese rooiwater.
  • Hartswater.
  • Anaplasmose.
  • Knopvelsiekte.

Soos wat dit winter raak, sal die voorkoms van dié siektes afneem. Heelwat verliese is gedurende die afgelope maande aangemeld. Dit is nou ‘n goeie tyd om in samewerking met jou veearts ‘n bestuursprogram vir die volgende reënseisoen saam te stel. Die meeste van hierdie siektes kan met inenting voorkom word.

Brusellose

Die bedryf moenie momentum verloor in sy pogings om beesbrusellose te beheer nie. Die inkoop van net een positiewe dier kan rampspoedige gevolge hê.

Boere behoort op hoogte van hul kuddestatus te wees. Brusellose is nie net ‘n siekte wat na mense toe oorgedra kan word nie, dit kan ook tot finansiële ondergang lei. ‘n Negatiewe brusellose-status moet as ‘n statussimbool gesien word en dit moet beklemtoon word sodat ander boere ook oor hul status kan begin dink.

Brusellose is ‘n emosionele siekte wat verhoed en beheer kan word. Moenie toelaat dat skoue en veilings ‘n deel van die probleem raak deur die siekte te versprei nie.

Share This