+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid Afrika (RPO) wil die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gelukwens met die vinnige en effektiewe optrede rakende die vleisskandaal in Braziliё.

Die RPO beskou die Departement en spesifiek die Direktoraat : Veeartsenykundigedienste as ʼn belangrike vennoot van die RPO in die daarstelling van veilige vleis en vleisprodukte aan die Suid-Afrikaanse verbruiker. Dit is ook verblydend dat die twee lande se veterinêre owerhede so goed saamwerk en duidelik effektief kommunikeer. Dit is verder verblydend dat ten spyte van die staking van vleisinvoere vanaf sekere vleisverwerkers in Braziliё, die Departement opdrag gegee het dat alle vleisinvoere vanuit Braziliё by die poort van binnekoms getoets gaan word.

Die RPO maak verder ook gebruik van die dienste van Agri Inspec om op ʼn deurlopende basis vleisinvoere te monitor en voortdurend die invoerlandskap te ondersoek en op die uitkyk te wees vir ongeruimdhede. Agri Inspec is ʼn privaat maatskappy en tree ondersteunend op tot die Suid-Afrikaanse owerheid.

Die RPO wil die Suid-Afrikaanse verbruiker verseker van ons erns om seker te maak dat veilige rooivleis aan die verbruiker beskikbaar gestel word.

Suid-Afrika voer reeds vir ‘n geruime tyd geen skaap- en beesvleis in van Brazilië nie. Die RPO doen ook ‘n beroep op die verbruiker om Suid-Afrikaanse skaap- en beesvleis te koop aangesien dit ‘n waarborg is van gesonde vleis. Die Suid-Afrikaanse klassifikasiestelsel verleen verder ‘n waarborg vir higiëne standaarde.

Share This