+ 27 (0)53 832 9595 | +27 (0)82 604 1320 rpo@agrink.co.za

WAT IS ‘N BOSLUIS?

‘n Bosluis is ‘n agtpotige dier wat hoofsaaklik in twee groepe verdeel kan word, naamlik harde- en sagte bosluise. Bosluise het bloedmaaltye nodig vir oorlewing en sal bykans enige dier, insluitende mense, se bloed suig.

Die bosluis wag op lae bosse vir enige dier of mens om daar verby te loop en klim dan op die dier of mens waarna dit dadelik ‘n gaatjie met sy monddele deur die vel van die dier boor en begin daarna om die bloed uit die gasheer dier te verkry. Dit is op hierdie stadium dat siektes oorgedra kan word vanaf die bosluis na die gasheer (mens of dier).

WAT IS KONGO KOORS?

Kongo Koors is ‘n akute hoogs aansteklike aanmeldbare siekte wat deur ‘n bontpootbosluis oorgedra word.

Kliek HIER om meer to lees or bosluisbyte.
Kliek HIER om meer te lees oor Kongo Koors.

Share This