Sowat 300 afgevaardigdes, hoofsaaklik boere, het by Aldam naby Ventersburg in die Vrystaat bymekaargekom vir die jaarlikse Aldam-veeskool waar oorsese en plaaslike kenners uit die veebedryf inligting gedeel het oor die nuutste tegnologie wat noodsaaklik is vir volhoubare veeboerdery. Die kenners het die belangrikheid van deelname aan die totale waardeketting van die rooivleisbedryf beklemtoon.